Loading…
Die Wet van die Nuwe Koninkryk
DIT het haas tyd geword vir die Paasfees, en weer was Jesus op weg na Jerusalem. In Sy hart het die vrede geheers van volkome eenstemmigheid met die Vader se wil, en verwagtend het Hy Sy voetstappe gewend na die offerplek. Maar in die gemoed van die dissipels was daar 'n gevoel van geheimsinnigheid, twyfel, en vrees. Die Heiland “het voor hulle uitgegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle gevrees.” KE 552.1
Weer het Christus die twaalf na Hom toe geroep, en nog meer bepaald as voorheen gespreek oor Sy verraad en lyde. “Kyk,” het Hy gesê, “ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskryf is, sal aan die Seun van die mens vervul word. Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot word en mishandel word, en op Hom sal gespuug word; en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan. Maar hulle het niks hiervan begryp nie en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.” KE 552.2
Het hulle dan nie net 'n rukkie tevore die boodskap verkondig nie, “Die koninkryk van die hemele het naby gekom”? Het Christus dan nie self gesê dat vele saam met Abraham, Isak, en Jakob in die koninkryk van God sal aansit nie? Het Hy nie die belofte gegee dat almal wat iets om Sy ontwil opgegee het 'n honderdvoud in hierdie lewe sou hê, en 'n aandeel in die koninkryk van God nie? En het Hy nie aan die twaalf die spesiale belofte gegee van posisies van groot eer in Sy koninkryk — naamlik dat hulle op twaalf trone sou sit en die twaalf stamme van Israel sou oordeel nie? En nou weer het Hy gesê dat alles wat die profete aangaande Hom geskryf het, vervul sou word. En het die profete nie geskryf van die heerlikheid van die Messiasryk nie? In die lig van hierdie gedagtes, was Sy woorde oor Sy verraad, vervolging en dood vir hulle vaag en newelagtig. Watter moeilikhede daar ook al mag wees, het hulle geglo dat Sy koninkryk eerlank opgerig sou word. KE 552.3
Johannes, die seun van Sebedeus, was een van die eerste twee dissipels wat Jesus gevolg het. Hy en sy broer Jakobus was in die eerste groep wat alles vir Sy diens verlaat het. Blymocdig het hulle huis en vriende verlaat sodat hulle by Hom kon wees. Hulle was by Hom in die private, huislike lewe, en in die openbare vergaderings. Hy het hulle vrees verban, hulle uit gevaar verlos, hulle nood gelenig, hulle vertroos in droefheid, en hulle met geduld en sagmoedigheid geleer totdat hulle gevoel het dat hulle harte met Syne verbind was, en in die ywer van hulle liefde wou hulle graag die naaste aan Hom wees in Sy koninkryk. By elke moontlike geleentheid, het Johannes sy plek ingeneem langs die Heiland, en Jakobus het ook verlang na die eer van noue omgang met Hom. KE 554.1
Hulle moeder was 'n volgeling van Christus, en sy het Hom vryelik bedien met haar besittings. Met 'n moeder se liefde en ambisie vir haar seuns, het sy vir hulle die hoogste posisies begeer in die nuwe konink- ryk. Sy het hulle aangemoedig om daarvoor te vra. KE 554.2
Die moeder en haar seuns het saam na Jesus gekom, en Hom gevra om die versoek toe te staan wat in hulle harte was. KE 554.3
“Wat wil julle hê, moet Ek vir julle doen?” het Hy gevra. KE 554.4
Die moeder het geantwoord: “Sê dat hierdie twee seuns van my in U koninkryk mag sit, een aan U regter- en een aan U linkerhand.” KE 554.5
Jesus was lankmoedig teenoor hulle, en het hulle nie bestraf oor hulle selfsug deur eer te soek bo hulle broeders nie. Hy het hulle harte gelees, en geweet van hulle groot liefde vir Hom. Hulle liefde was nie bloot menslike liefde nie; alhoewel dit besoedel was deur die aardsgesindheid van die menslike kanaal, het dit gevloei uit die fontein van Sy eie verlossende liefde. Hy sou hulle nie bestraf nie, maar hulle liefde verdiep en reinig. Hy het gevra: “Kan julle die beker drink wat Ek aanstonds gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?” Hulle het hulle die geheimsinnige woorde herinner wat verwys het na Sy verhoor en lyde, maar nogtans beslis geantwoord, “Ons kan.” Hulle sou dit as die grootste eer beskou om hulle lojali- teit aan Hom te bewys deur te deel in alles wat oor hulle Here sou kom. KE 554.6
“Die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word,” het Hy gesê; voor Hom was die kruis pleks van 'n troon, met twee misdadigers as Sy metgeselle aan Sy regteren aan Sy linkerhand. Johannes en Jakobus sou deel in die lyding van hulle Meester; die een sou die eerste van die broeders wees wat deur die swaard sou omkom; die ander een sou die langste moet swoeg, en smaad en vervolging verdra. KE 555.1
“Maar om te sit aan My regter- en aan My linkerhand,” het Hy voortgegaan, “is nie vir My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit deur My Vader toeberei is.” In die koninkryk van God word posisies nie verkry deur begunstiging nie. Dit word nie verdien nie en ook word dit nie op arbitrêre wyse gegee nie. Dit word bepaal deur karakter. Die kroon en die troon is die sinnebeelde van 'n toestand wat bereik is; hulle is die sinnebeelde van die oorwinning oor die eie-ek deur ons Here Jesus Christus. KE 555.2
Lank daarna, toe die dissipel in volkome ooreenstemming met Jesus gebring is deur gemeenskap aan Sy lyde, het die Here aan Johannes geopenbaar wat die voorwaarde is vir nabyheid aan Hom in Sy koninkryk. “Aan hom wat oorwin,” het Christus gesê, “sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het.” “Wie oorwin, Ek sal hom n pilaar in die tempel van My God maak, en hy sal daar nooit weer uit- gaan nie; en Ek sal op hom die Naam van My God skrywe, . . . en My nuwe Naam.” Openb. 3: 21, 12. So het Paulus geskrywe: “Want ek word alreeds as drankoffer uitgegiet en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in die dag sal gee.” 2 Tim. 4: 6-8. KE 555.3
Die een wat die naaste aan Christus sal staan, sal hy wees wat op die aarde die diepste gedrink het van Sy gees van selfopofferende liefde die liefde wat nie groot praat nie, wat nie opgeblase is nie ... wat nie eiebelang soek nie, wat nie verbitterd word nie, en wat geen kwaad toereken nie. (1 Kor. 13: 4, 5.) Dit is 'n lief de wat die dissipels beweeg, net soos dit onse Here beweeg het, om alles te gee, om te lewe en te werk en op te offer, selfs tot die dood toe, vir die redding van die mensdom. Hierdie gees het Paulus in sy lewe geopenbaar. Hy het gesê, “Vir my is die lewe Christus;” want sy lewe het Christus aan die mense geopenbaar; “en die sterwe wins”—wins vir Christus. Selfs die dood sou die krag van Sy genade openbaar en siele na Hom toe trek. “Dat Christus . . . groot gemaak sal word in my liggaam,” het hy gesê, “of dit deur die lewe of deur die dood is.” Filip. l: 21, 20. KE 556.1
Toe die tien hoor van die versoek van Jakobus en Johannes, was hulle baie ontevrede. Die hoogste plek in die koninkryk was juis wat elkeen van hulle vir homself begeer het, en hulle was kwaad dat die twee dissipels 'n skynbare voorsprong oor hulle gekry het. KE 556.2
Dit het gelyk of die twis oor wie die grootste sou wees, hervat sou word; toe het Jesus hule geroep en aan die verontwaardigde dissipels gesê. “Julie weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar so moet dit onder julle nie wees nie.” KE 556.3
In die koninkryke van die wêreld het posisie selfverheerliking beteken. Die mense is veronderstel om te lewe vir die voordeel van die regerende klasse. Die leiers het invloed, rykdom en opvoeding as middels gebruik om beheer te kry oor die massas. Die hoër klasse moes dink, en geniet, en heers; die laer klasse moes gehoorsaam en dien. Die godsdiens, soos alle ander dinge, was 'n kwessie van gesag. Van die mense is verwag om te glo en te doen volgens die voorskrifte van hulle meerderes. Die reg van die mens as mens, om vir homself te dink en te handel, was nie erken nie. KE 556.4
Christus was besig om 'n koninkryk op te rig wat op ander beginsels berus het. Hy het mense geroep, nie om gesag te voer nie, maar om te dien; die sterkes moes die swakhede van die swakkes dra. Mag, posisie, talente, en opvoeding, het diegene wat dit gehad het onder groter verpligting gebring om hulle medemens te dien. Aan selfs die nederigste van Christus se dissipels word gesê, “Want dit is alles om julle ontwil.” 2 Kor. 4: 15. KE 556.5
“Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en Sy siel te gee as 'n losprys vir baie.” Onder Sy dissipels was Christus in alle opsigte 'n versorger, 'n lasdraer. Uit Sy armoede was Hy mededeelsaam; Hy het homself verloën vir hulle ontwil; Hy het voor hulle uitgegaan om die pad maklik te maak, en eerlank sou Hy Sy werk op die aarde afsluit deur Sy lewe neer te lê. Die beginsel waarvolgens Christus gehandel het, moet ook die lede van die kerk, wat Sy liggaam is, besiel. Die hele grondslag van die verlossing is liefde. In die koninkryk van Christus is diegene die grootste wat die voorbeeld naleef wat Hy gegee het, en optree as herders van Sy kudde. KE 557.1
Die woorde van die apostel Paulus openbaar die waardigheid en eer van die Christelike lewe: “Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan hulle almal diensbaar gemaak.” Ek soek nie my eie voordeel nie, “maar die van baie, sodat hulle gered kan word.” 1 Kor. 9: 19; 10: 33. KE 557.2
In gewetesake moet die siel heeltemal vry wees. Die een moet nie oor die ander se verstand heers nie, vir 'n ander oordeel nie, of sy pligte vir hom voorskryf nie. God gee aan elke mens die vrye reg om te dink en te handel volgens sy oortuigings. “So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.” Die een persoon het nie die reg om sy eie indiwidualiteit deur 'n ander te laat opneem nie. In alle sake waar beginsel op die spel is, moet “elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.” Rom. 14: 12, 5. KE 557.3
In Christus se koninkryk is daar geen verdrukking, en geen dwang nie. Die engele van die hemel kom nie na die aarde toe om heerskappy te voer nie, of om hulde vir hulleself te soek nie, maar as boodskappers van genade, en om met mense saam te werk vir die opheffing van die mensdom. KE 557.4
Die beginsels, en selfs die bewoording van die Heiland se leer het in hulle goddelike skoonheid gebly in die geheue van die geliefde dis- sipel. Tot sy laaste dae was die kern van Johannes se getuienis aan die kerke, “Dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.” “Hieraan het ons die liefde geken, dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.” 1 Joh. 3: 11, 16. KE 557.5
Dit was die gees van die vroeë kerk. Ná die uitstorting van die Heilige Gees was die menigte wat gelowig geword het “een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie.” “Want niemand onder hulle was behoeftig nie.” “En met grote krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en grote genade was oor hulle almal.” Hand. 4: 32, 34, 33. KE 558.1