Loading…
W eer Eens by die Meer
JESUS se afspraak was om Sy dissipels in Galilea te ontmoet; en kort ná die paasweek verstreke was, het hulle daarheen gegaan. Hulle afwesigheid van Jerusalem tydens die fees sou vertolk word as afvalligheid en kettery, daarom het hulle gebly tot die einde; maar nadat dit verby was, het hulle hulle skrede tuiswaarts gewend om hulle Heiland volgens afspraak te ontmoet. KE 828.1
Daar was sewe van die dissipels in die groep. Hulle was geklee in die eenvoudige drag van vissers; hulle was arm aan wêreldse besit- tings, maar ryk in die kennis en beoefening van die waarheid, wat hulle in die oë van die hemel tot die hoogste rang verhef het as leraars. Hulle het nie in die skole van die profete geleer nie, maar vir drie jaar is hulle onderrig deur die grootste Leermeester wat die wêreld ooit geken het. Onder Sy leiding is hulle opgehef, verlig, verfyn — werk- tuie wat mense tot 'n kennis van die waarheid kon bring. KE 828.2
Tydens Sy bediening het Christus baie van Sy tyd deurgebring naby die meer van Galilea. Die dissipels het saamgekom by 'n plek waar hulle nie gesteur sou word nie, en die omgewing daar het hulle herinner aan Jesus en Sy magtige werke. Op hierdie meer, toe hulle met vrees bevange was, en hulle wou vergaan in die verskriklike storm, het Jesus op die bare gewandel en hulle gered. Daar het Hy die storm bestraf. Ook kon hulle die kus sien waar sowat tienduisend mense gevoed is met n paar brode en visse. Nie ver daarvandaan nie was Kapernaum, die toneel van so baie wonderwerke. Waar die dissipels die omgewing aanskou het, was hulle gedagtes vol van die woorde en dade van hulle Heiland. KE 828.3
Dit was 'n aangename aand, en Petrus, wat maar nog baie lief was vir die skuite en visvang, het voorgestel dat hulle moes gaan visvang. Almal het hulle die plan laat welgeval; hulle het voedsel en klere nodig gehad, en 'n suksesvolle aand se visvangs sou in daardie behoefte voorsien het. Hulle het toe met hulle skuit uitgegaan, maar hulle het niks gevang nie. Hulle het die hele nag geprobeer, maar sonder sukses. In die lang ure het hulle gesels oor hulle Here, en gedink aan die wonderbaarlike gebeurtenisse wat daar langs die oewers van die meer plaasgevind het. Hulle was besorg oor hulle eie toekoms, en die vooruitsigte het hulle nie eintlik met hoop vervul nie. KE 829.1
Maar al die tyd het n eensame Wagter hulle ongesien dopgehou. Eindelik het die dag gebreek. Die skuit was nie ver van die strand af nie, en die dissipels het n vreemdeling daar op die strand sien staan, wat hulle aangespreek en gevra het, “My kinders, het julle nie 'n stuk- kie om te eet nie?” Toe hulle antwoord, “Nee,” het Hy aan hulle gesê, “Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in Staat om dit te trek nie.” KE 829.2
Johannes het die vreemdeling herken, en hy het aan Petrus gesê, “Dit is die Here!” Petrus was so bly dat hy sommer in die water gespring het, en baie gou het hy langs sy Meester gestaan. Die ander dissipels het met die skuit aangekom, en die net met die visse aan wal gesleep. “Toe hulle geland het, sien hulle 'n koolvuur en vis daarop lê, en brood.” KE 829.3
Hulle was te verbaas om nog te vra waar die vuur en die kos vandaan gekom het. “Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.” Petrus het weggespring na die net wat hy gelos het, en hy het sy broeders gehelp om dit aan wal te sleep. Na dit klaar was, en die voedsel berei was, het Jesus aan die dissipels gesê, Kom eet! Hy het van die brood en die visse geneem en aan hulle gegee; al sewe die dissipels het Hom herken. Hulle het nou gedink aan die wonderwerk toe vyfduisend mense teen die berghelling gevoed is; maar daar het 'n heilige ontsag oor hulle gekom, en in stilte het hulle die verrese Heiland aanskou. KE 829.4
Helder het hulle die toneei voor die gees geroep daar by die see toe Jesus hulle geroep het om Hom te volg. Hulle het onthou hoe hulle, op Sy bevel, uitgevaar het na die diep water, hulle net laat sak het, en so baie vis gevang het dat die net wou breek. Daarna het Jesus hulle geroep om hulle skuite te verlaat, en Hy het belowe om hulle vissers van mense te maak. Dit was om hierdie toneel weer vars in hulle geheues te bring dat Hy nou weer 'n dergelike wonderwerk verrig het. Sy daad was 'n herhaling van die opdrag aan die dissipels. Dit het aan hulle getoon dat die dood van hulle Meester hulle nie onthef het van die verantwoordelikheid om die werk te doen wat Hy hulle gegee het nie. Alhoewel Hy nie meer persoonlik by hulle sou wees nie, en hulle die bron van hulle vorige inkomste sou moes verlaat, sou die verrese Heiland nog vir hulle sorg. Terwyl hulle Sy werk doen, sou Hy voorsien in hulle behoeftes. En Jesus het 'n doel gehad met die bevel dat hulle die net moes laat sak aan die regterkant van die skuit. Hy het aan daardie kant gestaan op die strand. Dit was die kant van geloof. As hulle saam met Hom sou werk, sodat Sy goddelike krag met hulle menslike pogings sou verbind wees, sou sukses verseker wees. KE 830.1
Christus het nog 'n les gehad om te gee, veral aan Petrus. Petrus se verloëning van Sy Here het skerp afgesteek by sy vorige betuigings van getrouheid. Hy het Christus onteer, en sy broeders het hom gewantrou. Hulle het gemeen dat hy nie toegelaat sou word om sy vorige posisie onder hulle te behou nie, en hyself het gevoel dat hy nie meer vertrou sou word nie. Voordat hy geroep kon word om sy apostoliese werk op te neem, sal hy bewys moet lewer van sy bekering. Daarsonder sou sy sonde, ten spyte van sy berou daaroor, sy invloed as dienaar van Christus kon vernietig. Die Heiland het aan hom die kans gegee om weer die vertroue van sy broeders te win, en om sover moontlik die skande wat hy op die evangelie gebring het, uit te wis. KE 830.2
Hier is 'n les gegee vir al die navolgers van Christus. Die evangelie maak geen kompromis met die sonde nie. Dit kan nie die sonde verskoon nie. Geheime sondes moet in die geheim aan God bely word; maar vir openlike sonde is daar openbare belydenis nodig. Die skande van die dissipel se sonde kom op Christus. Dit laat die Satan juig, en laat diegene wat swak is, struikel. Om bewys te lewer van sy bekering, moet die dissipel, sover as hy dit kan doen, daardie skande uitwis. KE 830.3
Terwyl Christus en die dissipels besig was met hulle maaltyd daar langs die meer, het die Heiland aan Petrus gevra, “Simon, seun van Jona, het jy My liewer as hulle hier?” Die Here het sy broeders bedoel Petrus het eenmaal gesê, “Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.” Matt. 26: 33. Maar hy het homself nou nie meer oorskat nie. “Ja, Here,” het hy geantwoord, “U weet dat ek U liefhet.” Nou is hy glad nie meer so dood seker dat sy liefde groter is as die van sy broeders nie. Nou praat hy nie meer van sy getroue toewyding nie. Om oor sy opregtheid te oordeel, beroep hy hom nou op die Een wat die hart kan lees, en sê hy, “U weet dat ek U liefhet.” En Jesus gee hom die opdrag, “Laat My lammers wei.” KE 831.1
Weer het Jesus vir Petrus getoets, en Sy vorige vraag herhaal: “Simon, seun van Jona, het jy My lief?” Hierdie keer het Hy Petrus nie gevra of hy Hom liewer het as sy broeders nie. Petrus se tweede antwoord was soos sy eerste, sonder daardie besliste selfvertroue: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Jesus het aan hom gesê, “Pas My skape op.” Nog eens het die Heiland die toetsvraag gestel: “Simon, seun van Jona, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword;”hy het gemeen dat Jesus aan sy liefde getwyfel het. Hy het geweet dat sy Here rede gehad het om hom te wantrou, en hartseer het hy geantwoord, “Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet.” Toe het Jesus weer aan hom gesê, “Laat My skape wei.” KE 831.2
Driemaal het Petrus sy Here openlik verloën, en driemaal het Jesus van hom die versekering van sy lojaliteit verkry, met die vraag wat soos n dolksteek in sy hart was. In die teenwoordigheid van die dissipels wat daar bymekaar was, het Jesus die opregtheid van Petrus se bekering geopenbaar, en Hy het getoon hoe nederig hierdie dissipel nou was wat eentyd so grootgepraat het. KE 831.3
Petrus was van nature voortvarend, en die Satan het gebruik gemaak van daardie karaktertrekke om hom tot 'n val te bring. Net vóór Petrus se val, het Jesus aan hom gesê, “Die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie mag ophou nie; en as jy eenmaal bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.“ Lukas 22: 31, 32. Daardie tyd het nou gekom, en die verandering in Petrus was klaarblyklik. Die deurdringende toetsvrae van die Here het nie een voortvarende, selfvoldane antwoord uitgelok nie; en ten gevolge van sy vernedering en bekering was Petrus nou beter toe- gerus as ooit tevore, om as herder van die skape op te tree. KE 831.4
Die eerste werk wat Christus aan Petrus opgedra het toe Hy hom weer in die bediening herstel het, was om die lammers te voed. Dit was werk waarvan Petrus min ondervinding gehad het. Hy sou baie versigtig, sagmoedig, geduldig, en volhardend moet werk. Hy sou werk vir diegene wat jonk in die geloof is, die onkundiges moet onderrig, die Skrifte aan hulle moet openbaar, en hulle leer om bruikbaar te wees in die diens van Christus. Voor sy val was Petrus nie geskik vir hierdie werk nie, en hy het ook nie die belangrikheid daarvan besef nie; maar dit was die werk waartoe Christus hom nou geroep het. Die ervaring wat hy gehad het, en sy lyding en boetvaardigheid het hom daarvoor geskik gemaak. KE 832.1
Vóór sy val het Petrus onbesonne dinge gesê in die drif van die oomblik. Hy was altyd klaar om ander reg te help en om sy mening te lug sonder dat hy homself verstaan en geweet het wat hy wou sê. Maar die bekeerde Petrus was nou 'n ander mens. Hy het sy vorige ywer behou, maar die genade van Christus het dit getemper. Hy was nie langer voortvarend, selfvoldaan, en hoofvaardig nie, maar kalm, verstandig, en geseglik. Hy kon nou die lammers sowel as die skape van Christus se kudde voed. KE 832.2
In die Heiland se handelwyse met Petrus was daar 'n les vir hom en vir sy broeders. Dit het hulle geleer om met die oortreder te handel met geduld, medelyde, en vergewende liefde. Alhoewel Petrus sy Here verloën het, het die liefde van Jesus vir hom nooit gewankel nie. Sulke liefde moet die medeherder vir die skape en lammers hê wat aan sy sorg toevertrou is. Bewus van sy eie swakheid en mislukking, moes Petrus net so sagmoedig met die kudde handel as wat Christus met hom gehandel het. KE 832.3
Die vraag wat Christus aan Petrus gestel het, was baie betekenisvol. Hy het net een voorwaarde van dissipelskap en diens genoem, naamlik, “Het jy My lief?” Dit is die allerbelangrikste kwalifikasie. Al sou Petrus alle bekwaamheid gehad het, sou hy sonder liefde vir Christus nie n getroue medeherder van die Here se kudde kon wees nie. Kennis, goedhartigheid, welsprekendheid, dankbaarheid, en ywer is almal hulpmiddels in die goeie werk; maar sonder die liefde van Jesus in die hart, sal die werk van die Christen-predikant 'n mislukking wees. KE 832.4
Jesus het alleen saam met Petrus gestap, want daar was iets wat Hy alleen aan hom wou sê. Voor Sy dood het Jesus aan hom gesê, “Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy my volg.” Daarop het Petrus geantwoord, “Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.” Joh. 13: 36, 37. Toe hy dit gesê het, het hy min geweet langs watter weë Christus se voetstappe sou gaan. Petrus het gefaal toe die toets gekom het, maar hy sou weer 'n geleentheid kry om sy liefde vir Christus te bewys. Om hom te versterk vir die finale toets van sy geloof, het die Heiland sy toekomstige loopbaan aan hom geopenbaar. Hy het hom meegedeel dat hy, ná n lewe van bruikbaarheid, wanneer sy kragte sou afneem weens ouderdom, wel sy Here sou volg. Jesus het gesê, “Toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik.” KE 833.1
Jesus het aan Petrus geopenbaar hoe 'n dood hy sou sterf; Hy het selfs voorspel hoe sy hande aan die kruis uitgestrek sou word. Weer het Hy aan Sy dissipel gesê, “Volg My.” Die openbaring het Petrus nie mismoedig gemaak nie. Hy was gewillig om watter dood ookal vir sy Here te sterf. KE 833.2
Tot op hierdie punt het Petrus Christus slegs na die vlees geken, net soos baie Hom van dag ook ken; maar nou sou hy nie meer so beperk word nie. Hy het Hom nie meer geken soos hy Hom geken het in Sy mensheid nie. Hy het Hom eers liefgehad as 'n mens, 'n leraar van die hemel gestuur; maar nou het hy Hom liefgehad as God. Hy het die les geleer dat Christus vir Hom alles en in alles was. Nou was hy gereed om n aandeel te hê in Christus se sending van selfopoffering. Toe hy eindelik na die kruis gebring is, is hy op sy eie versoek gekruisig met sy hoof na benede. Hy het gemeen dat dit 'n te groot eer sou wees om op dieselfde wyse gekruisig te word as sy Meester. KE 833.3
Die woorde, “Volg My,” was vir Petrus van groot betekenis. Nie alleen vir sy dood nie, maar vir elke stap van die lewe is die les gegee. Voorheen was Petrus geneig om onafhanklik op te tree. Hy het geprobeer om Gods werk te beplan, maar hy sou niks daarby win om voor die Here uit te loop nie. Jesus het aan hom gesê, “Volg My.“ Moenie voor My uit loop nie. Dan sal jy nie alleen teen die magte van die Satan hoef te staan nie. Laat My voor jou loop, en dan sal die vyand jou nie oorwin nie. KE 833.4
Terwyl Petrus daar saam met die Here gestap het, het hy Johannes sien aankom agter hulle. Petrus wou baie graag weet wat Johannes se toekoms sou wees, en hy het aan Jesus gevra, “Here, maar wat van hom? Jesus sê vir hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.” Petrus moes daaraan gedink het dat sy Here alles aan hom sou openbaar wat nodig was vir hom om te weet. Dit is die plig van almal om Christus te volg, sonder om besorg te wees oor die werk wat aan ander gegee is. Deur van Johannes te sê, “As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom,” het Jesus hom geen versekering gegee dat daardie dissipel sou aanhou lewe tot die Here se wederkoms nie. Hy wou maar net Sy oppergesag handhaaf, en Petrus laat verstaan dat al sou Hy Johannes laat lewe totdat Hy kom, dit geensins die opdrag aan Petrus sou affekteer nie. Die toekoms van beide Johannes en Petrus was in die hande van die Here. Gehoorsaamheid in die navolging van Hom was die plig van albei. KE 834.1
Hoeveel is daar nie vandag wat soos Petrus is nie! Hulle stel belang in die sake van ander, en is besorg oor hulle pügte, terwyl hulle hulle eie verwaarloos. Dit is ons werk om op Christus te sien en Hom te volg. Ons sal foute sien in die lewe van ander, en gebreke in hulle karakter. Die menslike vlees is swak. Maar in Christus sal ons volmaaktheid vind. Deur Hom te aanskou, sal ons verander word. KE 834.2
Johannes het baie oud geword. Hy het die verwoesting van Jerusalem gesien en van die pragtige tempel —'n simbool van die verwoesting van die wereld. Tot die laaste toe het hy die Here getrou gevolg. Die kern van sy getuienis was, “Geliefdes, laat ons mekaar liefhê;” “hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.” 1 Joh. 4: 7, 16. KE 834.3
Petrus is herstel in sy apostelskap, maar die eer en gesag wat hy van Christus ontvang het, was nie 'n aanstelling oor sy broeders nie. Dit het Christus baie duidelik gestel in antwoord op Petrus se vraag, “Here, wat van hom?” Hy het geantwoord, “Wat gaan dit jou aan? Volg jy My.” Petrus is nie aangestel as hoof van die kerk nie. Die genade wat Christus hom betoon het deur sy afvalligheid te vergewe, en die voeding van Sy kudde aan hom op te dra. en ook Petrus se eie getrouheid in die navolging van Christus, het vir hom die vertroue van sy broeders gewin. Hy het groot invloed gehad in die kerk. Maar die les wat Christus hom geleer het by die meer van Galilea, het Petrus sy hele lewe lank onthou. Onder die ingewing van die Heilige Gees het hy aan die kerke geskryf: KE 834.4
“Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word: Hou as herders opsig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewillig; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; en ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.” 1 Pet. 5: 4 . KE 835.1