Loading…
HOOFSTUK VEERTIG—DIE VERKEERDE GEBRUIK VAN DIE GETUIENISSKRIFTE
(Deel V, bls. 668-670.)
SOMMIGE wat daarin glo, het gedwaal, deurdat hulle die Getuienisskrifte te veel op ander wou afdwing. In Deel I, No. 8, is daar ‘n getuienis in hierdie verband. “Daar was persone in , hulle was Gods kinders en tog het hulle die gesigte betwyfel. Ander, hoewel hulle geen teenstand gebied het, het nie gewaag om openlik vir die Getuienisskrifte uit te kom nie. Sommige was skepties en hulle het voldoende rede daarvoor gehad. Die valse gesigte en fanatieke godsdiensoefeninge, asook die slegte vrugte wat daarop gevolg het, het so ‘n in - vloed op die werk in gehad dat dit vooroordeel gewek het teen alles wat die naam ,gesigte’ gedra het. Al hierdie dinge moes in aanmerking geneem gewees het, en mense moes hulle verstand gebruik het. Daar moet nie gearbei word met diegene wat geen persoonlike kennis het van die invloed van die gesigte, en wat nog nooit die persoon gesien het aan wie die gesigte gegee is nie. Sulke persone moet nie beroof word van die voordele en voorregte van kerklike gemeenskap nie, mits hulle Christelike lewenswandel in ander opsigte korrek is nie. . . . UG1 266.1
“Aan my is getoon dat sommige die geskrewe getuienisse kon aanneem daar hulle die boom aan sy vrugte kon oordeel. Ander weer is soos die ongelowige Thomas; hulle kan nie die gedrukte Getuienisskrifte glo nie, en ook nie die getuienis van ander aanvaar nie, maar hulle moet self sien en persoonlike bewyse daarvoor hê. Sulke mense moet nie opsy gestoot word nie, maar taaie lankmoedigheid en broederlike liefde moet jeens hulle beoefen word, totdat hulle óf die getuienisse aanneem óf verwerp. As hulle die gesigte waarvan hulle geen kennis het nie beveg; as hulle sover gaan in hulle teenstand dat hulle iets teenwerk waarvan hulle geen ondervinding gehad het nie, . . . dan moet die kerk weet wat hulle nie reg is nie.” Sommige van die broeders het ‘n rype ondervinding opgedoen in die waarheid, en vir jare al is hulle bekend met my en my werk. Hulle het die betroubaarheid van die Getuienisskrifte op die proef gestel en hulle geloof daarin te kenne gegee. Hulle het die magtige Gees van God op hulle gevoel om te getuig vir die waarheid daarvan. Aan my is getoon dat as sulke persone, waar hulle deur die Getuienisskrifte bestraf word, in opstand kom daarteen en in die geheim aan die werk gaan om afbreuk te doen aan die invloed daarvan, moet hulle ywerig bearbei word; want deur so ‘n weg in te slaan bring hulle diegene wat onervare is, in gevaar. UG1 266.2
Die eerste deel van die Getuienisskrifte wat ooit in druk verskyn het, bevat ‘n waarskuwing teen ‘n onverstandige gebruik van die lig wat op hierdie wyse aan Gods volk gegee is. Ek het daarin gesê dat sommige, waar hulle met ongelowiges gepraat het oor die geloof, ‘n onverstandige weg ingeslaan het, toe hulle, waar hulle gevra is om bewyse, uit my geskrifte aangehaal het pleks om na die Bybel te gaan om bewys. Aan my is getoon dat so ‘n handelwyse nie beginselgetrou was nie, en dat dit by ongelowiges vooroordeel sou verwek teen die waarheid. Die Getuienisskrifte het geen gewig by diegene wat onbekend is met die gees daarvan nie; in sulke gevalle moet dit nie aangehaal word nie. UG1 267.1
Ander waarskuwings met betrekking tot die gebruik van die Getuienisskrifte is van tyd tot tyd as volg gegee: “Sommige van die predikante skiet ver kort. Hulle gee voor dat hulle die Getuienisse glo, en dan doen hulle kwaad deur dit as ‘n onbuigbare reel toe te pas op diegene wat geen benul daarvan het nie, terwyl hulle dit self nie nakom nie. Herhaalde getuienisse is aan hulle gegee, wat hulle heeltemal verontagsaam het. So’n handelwyse is nie konsekwent nie.” UG1 267.2
“Ek het gesien dat vele ‘n misbruik maak van wat God aan my geopenbaar het aangaande die sondes en foute van ander. Hulle het die uiterste betekenis geheg aan wat in die gesigte getoon is, en dit so meedoënloos toegepas dat dit gevolglik die geloof van baie in die gesigte verswak het, en die gemeente afgeskik en ontmoedig het.” UG1 267.3
Die vyand sal na alles gryp wat hy kan gebruik om siele te vernietig. “Getuienisse is gegee ten gunste van persone wat belangrike betrekkings beklee. Hulle het goed begin om die laste te dra en hulle deel te doen in die werk van God. Maar Satan agtervolg hulle met sy versoeking en eindelik beswyk hulle. Ander sien hulle verkeerde weg en Satan bring hulle op die gedagte dat daar ‘n fout moet wees met die getuienisse wat ten gunste van hulle gegee was, anders sou hierdie persone nie onwaardig gewees het om ‘n aandeel in Gods werk te hê nie.” UG1 268.1
Op hierdie wyse ontstaan daar twyfel met betrekking tot die lig wat God gegee het. “Wat van persone in sekere omstandighede geld, geld nie noodwendig onder ander omstandighede nie. Die mens is so swak wat betref sedelike krag, en so uiters selfsugtig, so selftevrede, en so lig opgeblaas met eiedunk, dat God nie deur hulle kan werk nie; hulle word gelaat om rond te gaan soos blindes, en hulle openbaar sulke groot swakhede en dwaashede dat vele verbaas is dat sulke persone ooit aangeneem en waardig geag was om enige aandeel in Gods werk te hê. Dit is presies wat Satan beoog het. Dit was sy doel van die eerste keer af dat hy hulle spesiaal versoek het om Gods werk in die skande te bring, en afkeuring te verwek teen die Getuienisskrifte. As hulle ‘n plek beklee het waar hulle werk nie ‘n spesiale invloed in Gods werk kon gehad het nie, sou Satan hulle nie so heftig versoek het nie; want dan sou hy nie sy doel kon bereik het deur hulle te gebruik as spesiale werktuie nie.” UG1 268.2