Loading…
Inleiding
HIERDIE boek handel oor onderwerpe in die Bybelgeskiedenis, temas wat wesenlik nie nuut is nie, maar wat op so ‘n wyse aangebied word dat dit nuwe betekenis kry, beweegredes openbaar, die belangrike strekking van sekere ontwikkelinge aandui en ‘n sterker lig op sekere kenmerke, wat slegs kortliks in die Bybel genoem word, werp. Die tonele kry dus ‘n helderheid en ‘n belangrikheid wat neig om nuwe en blywende indrukke te maak. Die verhaal van die Skrifte kom onder ‘n lig wat die karakter en die doelwitte van God vollediger openbaar; om die liste van die Satan aan die kaak te stel en aan te toon hoe sy mag uiteindelik beëindig sal word; om die swakheid van die mensehart aan die lig te bring en te toon hoe die genade van God mense in staat gestel het om te oorwin in hul stryd teen die sonde. Dit is in harmonie met wat God aangetoon het Sy doel is, in die onthulling van die waarheid aan die mens. Die middel waardeur hierdie openbarings aan die mens gegee is-wanneer dit aan die maatstaf van die skrifte gemeet word-blyk een van die metodes te wees wat God steeds gebruik om mensekinders te onderrig. PeP .0
Hoewel dit nie tans is soos dit aan die begin was, toe die mens nog in sy heiligheid en onskuld persoonlike onderrig van sy Maker ontvang het nie, is die mens nie aan sy eie oorgelaat sonder ‘n Geestelike Leermeester wat God in Sy Verteenwoordiger, die Heilige Gees, voorsien het nie. So hoor ons die apostel Paulus verklaar dat die navolgers van Christus die voorreg het van ‘n sekere Geestelike “verligting”; en dat hulle “verlig” word deur “...die Heilige Gees deelagtig...” te word (Hebreërs 10:32;6:4). Johannes sê ook: “Julle het die salwing van die Heilige” (1 Johannes 2:20). En toe Hy op die punt gestaan het om hulle te verlaat, het Christus Sy dissipels beloof dat Hy die Heilige Gees as trooster en leidsman aan hulle sou stuur om hulle alles te leer. (Johannes 14:16,26). PeP .0
Om aan te dui hoe hierdie belofte aan die kerk vervul sou word, verklaar die apostel Paulus in twee van sy sendbriewe plegtig dat sekere gawes van die Gees tot opbouing en onderrig van die kerk, tot aan die einde van tyd, tot sy beskikking is. (1 Korinthiërs 12; Efesiërs 4:8-13; Mattheus 28:20). Maar dit is nie al nie: ‘n Aantal duidelike en uitdruklike profesieë verklaar dat daar in die laaste dae ‘n besondere uitstorting van die Heilige Gees sal wees en dat die kerk, wanneer Christus in die laaste dae van die geskiedenis verskyn, “...die getuienis van Jesus...”, wat die gees van profesie is, sou gehad het. (Handelinge 2:17-20,39;1 PeP .0
Korinthiërs 1:7; Openbaring 12:17;19:10). In hierdie feite sien ons ‘n bewys van die sorg en liefde van God vir Sy volk; want, wanneer die kerk die gevare van die laaste dae betree, sal hy verseker, meer as in enige ander stadium van sy ervaring, die teenwoordigheid van die Heilige Gees as trooster, leermeester en leidsman benodig, nie net in sy gewone werkinge nie, maar in sy buitengewone metodes van werk, PeP .0
Die Skrifte wys op verskeie kanale waardeur die Heilige Gees op die harte en gemoedere van mense sou werk om hulle verstand te verlig en hulle voetstappe te lei. Onder hierdie kanale was gesigte en drome. Op hierdie wyse sou God steeds met mense kommunikeer. Hier is Sy belofte aangaande hierdie punt: “As julle profeet van die Here is, sal Ek deur’ ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur “n droom sal Ek met hom spreek.” (Numeri 12:6). So is bonatuurlike kennis aan Bileam oorgedra. Daarvan sê hy: “Bileam, die seun van Beor, spreek en die man met geopende oog spreek. Die hoorder van die woorde van God spreek en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.” (Numeri 24:15,16). PeP .0
Dit word dus “n saak van groot belang om die getuienis van die Skrifte te ondersoek om vas te stel aangaande die mate waartoe die Here bedoel het dat die Gees Homself gedurende die tydperk van die menslike proeftyd, aan die kerk moes openbaar. PeP .0
Nadat die verlossingsplan beraam was, kon God steeds, soos ons gesien het, deur die bediening van Sy Seun en die heilige engele, oor die kloof wat deur sonde veroorsaak is, met mense kommunikeer. Soms het Hy, soos in die geval van Moses, van aangesig tot aangesig met hulle gespreek, maar meer dikwels deur middel van drome en gesigte. Gevalle van sulke kommunikasie is opvallend, oral in die heilige rekords en dek alle bedelinge. Henog, die sewende van Adam af, het in die Gees van profesie, vooruitgekyk na die wederkoms van Christus in krag en heerlikheid en hy het uitgeroep: “Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle.” (Judas 14). “Deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” (2 Petrus 1:21). As dit soms voorgekom het asof die werking van die gees van profesie byna verdwyn het, namate die geestelikheid van die mense gekwyn het, was dit nietemin “n kenmerk van al die vernaamste krisisse in die geskiedenis van die kerk en die tydvakke wat die verandering van een bedeling na “n ander aanskou het. PeP .0
Toe die tydperk, wat deur die vleeswording van Christus gekenmerk is, aangebreek het, is die vader van Johannes die Doper met die Gees PeP .0
vervul en hy het geprofeteer. (Lukas 1:67). Aan Simeon is geopenbaar dat hy die dood nie sou sien eerdat hy die Here gesien het nie; en toe Jesus se ouers Hom na die tempel gebring het vir Sy toewyding, het Simeon onder leiding van die Gees in die tempel ingegaan, Hom in sy arms geneem en God geloof en aangaande Hom geprofeteer. En Anna, ‘n profetes, wat in dieselfde uur daar aangekom het, het teenoor almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het, van Hom gespreek. (Lukas 2:26,36). PeP .0
Die uitstorting van die Heilige Gees wat teenwoordig moes wees met die verkondiging van die evangelie deur Christus se volgelinge, is deur die profeet met die volgende woorde aangekondig: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.” (Joël 2:28-31). PeP .0
Aangaande Pinksterdag, het Petrus hierdie profesie aangehaal om die wonderlike tonele wat toe plaasgevind het, te verduidelik: Tonge soos van vuur wat hulleself verdeel, het op elkeen van hulle gaan sit; hulle is met die Heilige Gees vervul en het in ander tale gespreek. En toe die spotters hulle daarvan beskuldig dat hulle vol nuwe wyn was, het Petrus geantwoord: “Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur van die more. Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is.” (Handelinge 2:15,16). Dan haal hy die profesie aan soos dit hoofsaaklik in Joël, (soos hierbo aangehaal) gevind word, behalwe dat hy die woord “daarna” vervang met “in die laaste dae” sodat dit lui: “In die laaste dae, spreek God, sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees...” ensovoorts. PeP .0
Dit is duidelik dat dit daar alleenlik deel van die profesie was wat betrekking het op die uitstorting van die Gees wat daardie dag in vervulling begin kom het, want daar was geen ou mense wat drome gedroom het of jongelinge en dogters wat gesigte gesien en geprofeteer het nie; en geen wonderwerke van bloed en vuur en pilare van rook het tóé verskyn nie; en die son is nie op daardie stadium verduister of die maan in bloed verander nie; en tog was die dinge wat daar gesien is ‘n vervulling van die profesie van Joël. Dit is ook ewe duidelik dat hierdie deel van die profesie aangaande die uitstorting van die Heilige Gees nie PeP .0
in daardie een manifestasie uitgedien is nie; want die profesie dek al die dae vanaf daardie tyd tot die koms van die groot dag van die Here. PeP .0
Maar die dag van die Pinksterfees was ook “n vervulling van ander profesieë bo en behalwe dié van Joël. Dit is in die woorde van Christus self ook vervul. In Sy laaste rede aan Sy dissipels voor Sy kruisiging het Hy aan hulle gesê: “Ek sal die Vader bid en Hy sal julle “n ander Trooster gee ... die Gees van die waarheid.” (Johannes 14:16,17). “Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer.” (Vers 26). “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.” (Hoofstuk 16:13). En nadat Christus uit die dood opgestaan het, het Hy aan Sy dissipels gesê: “En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.” (Lukas 24:49). PeP .0
Op Pinksterdag is die dissipels dus met krag van Bo toegerus. Maar hierdie belofte van Christus was, net so min soos die profesie van Joël, tot daardie geleentheid beperk. Want Hy het dieselfde belofte in ‘n ander vorm aan hulle gegee, deur hulle te verseker dat Hy tot aan die voleinding van die wêreld met hulle sou wees. (Mattheus 28:20). Markus vertel ons in watter opsig en op watter wyse die Here met hulle sou wees. Hy sê: “Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.” (Markus 16:20). En op Pinksterdag het Petrus aangaande die onverganklikheid van hierdie werking van die Gees wat hulle aanskou het, getuig. Toe die bekeerde Jode aan die apostels gesê het: “Wat moet ons doen?” het Petrus geantwoord: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.” (Handelinge 2:37-39). Dít maak gewis voorsiening vir die werking van die Heilige Gees in die kerk, selfs in Sy uitsonderlike openbaringe, vir alle toekomstige tyd, solank as wat genade mense sal uitnooi om die genadige liefde van Christus aan te neem. PeP .0
Agt-en-twintig jaar later het Paulus, in sy brief aan die gemeente in Korinthe, ‘n formele betoog aangaande die vraag gestel. Hy sê (1 Korinthiërs 12:1): “En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie..” Dis hoe belangrik het hy dit geag het dat die Christelike kerk hierdie onderwerp moes verstaan. Nadat hy gesê het dat hoewel die Gees een is, het dit ‘n verskeidenheid van werkinge en ter verduideliking wat hierdie verskeidenhede behels, PeP .0
gebruik hy die menslike liggaam met sy verskillende lede om aan te toon hoe die kerk met sy verskillende ampte en gawes saamgestel is. En soos die liggaam sy onderskeie lede het, elk met ‘n besondere taak om uit te voer en almal met ‘n gesamentlike doel saamwerk om ‘n harmonieuse geheel te vorm, moes die Gees deur die verskillende kanale van die kerk werk om ‘n volmaakte godsdienstige liggaam saam te stel. Dan vervolg Paulus met hierdie woorde: “En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regerings, allerhande tale.” PeP .0
Die verklaring dat God sommiges in die gemeente gestel het ensovoorts, impliseer meer as dat daar slegs voorsiening gemaak is vir die gawes om, indien die omstandighede gunstig was, te manifesteer. Dit dui eerder aan dat hulle permanente dele van die ware geestelike samestelling van die kerk moes wees en indien dit nie daadwerklik in die kerk teenwoordig was nie, sou die kerk in dieselfde toestand wees as ‘n liggaam waarvan sekere dele weens ‘n ongeluk of siekte vermink en hulpeloos is. Nadat hierdie gawes eenmaal in die kerk gestel is, moet dit daar bly totdat dit formeel verwyder word. Maar daar is geen rekord wat aandui dat dit ooit verwyder is nie. PeP .0
Vyf jaar daarna skryf dieselfde apostel aangaande dieselfde gawes aan die Efesiërs en sit hy die doelwitte duidelik vir hulle uiteen en dui onregstreeks aan dat hulle moet aanhou totdat die doel bereik is. Hy sê, (Efesiërs 4:8,11-13): “Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.” “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.” PeP .0
Die kerk het nie die eenheid wat hier beoog word, in die apostoliese eeu bereik nie en kort na hierdie eeu het die duisternis van die groot geestelike afval die kerk begin oorskadu; en, gedurende hierdie toestand van agteruitgang, is hierdie volheid van Christus en eenheid in geloof verseker nie bereik nie. Dit sal ook nie bereik word voordat die laaste genadeboodskap uit elke geslag en volk, uit elke klas van die samelewing en elke dwalende organisasie, ‘n volk versamel het wat aan al hierdie evangeliese hervormings voldoen het en op die koms van die Seun van die mens wag nie. En waarlik, as die kerk ooit die voordeel van PeP .0
elke middel nodig gehad het, soos wat hy vir sy vertroosting en leiding, bemoediging en beskerming gaan nodig kry, dan sal dit te midde die gevare van die laaste dae wees, wanneer die magte van boosheid wat deur ervaring en opleiding hulle bose werksaamhede so te sê vervolmaak het, die uitverkorenes, indien moontlik, deur hulle meesterlike werke van bedrog sal mislei. Heel gepas dus, is die besondere profesieë aangaande die uitstorting van die Gees tot voordeel van die kerk in die laaste dae. PeP .0
Daar word egter in die hedendaagse lektuur van die Christelike wêreld geleer dat die gawes van die Gees net vir die apostoliese tydperk was; dat hulle eenvoudig vir die stigting van die evangelie gegee is en dat die evangelie, nadat dit eenmaal gevestig was, die gawes nie langer benodig het nie en gevolglik toegelaat is om uit die kerk te verdwyn. Maar die apostel Paulus het die Christene van sy tyd gewaarsku dat die “...verborgenheid van die ongeregtigheid...” reeds aan die werk was en dat ná sy vertrek, wrede wolwe onder hulle sou inkom en die kudde nie sou spaar nie en dat daar ook uit hulle eie geledere, manne sou opstaan wat perverse dinge spreek en dissipels agter hulle aan wegtrek. (Handelinge 20:29,30). Dit kan dus nie wees dat hierdie gawes wat in die kerk geplaas is om juis teen daardie euwels te waak om, wanneer die tyd sou aanbreek, te verdwyn asof hulle hul doelwit bereik het nie omdat, hulle teenwoordigheid en hulp onder hierdie omstandighede, selfs meer benodig word as toe die apostels self op die toneel was. PeP .0
Ons vind ook ‘n ander verklaring in Paulus se brief aan die gemeente in Korinthe wat aandui dat die algemene begrip van die tydelike voortsetting van die gawes, nie korrek kan wees nie. Dit is in kontras met die huidige onvolmaakte toestand en die heerlike onsterflike toestand wat die Christen uiteindelik sal bereik. Hy sê in 1 Korinthiërs 13:9,10: “Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.” Hy illustreer hierdie huidige toestand verder deur dit met die kinderdae van swakheid en onvolwassenheid van denke en dade te vergelyk; en die volmaakte staat vergelyk hy met die volwasse toestand van duidelike insig en krag. Hy klassifiseer die gawes wat in hierdie huidige onvolmaakte toestand nodig is, onder die dinge wat nie meer nodig sal wees wanneer volmaaktheid bereik is nie. Hy sê in vers 12: “Nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.” Daarna vertel hy wat se genadegawes by die ewige toestand pas en daar sal bestaan, naamlik, geloof, hoop en liefde-“hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.” PeP .0
Dit verduidelik die woorde van vers agt: “Die liefde vergaan nimmermeer”; dit wil sê, liefdadigheid, die hemelse genade van liefde is ewigdurend; dit span die kroon op die mens se toekomstige onsterflikheid; maar “...profesieë hulle sal tot niet gaan...” dit wil sê, daar sal ‘n tyd wees wanneer profesieë nie meer nodig sal wees nie en dan sal die gawe van profesie, as een van die hulpmiddels in die kerk, nie meer beoefen word nie; “...of tale-hulle sal ophou...” dit wil sê, dat die gawe van tale nie meer nuttig sal wees nie; “...of kennis-dit sal tot niet gaan...” dit wil sê, nie kennis as sodanig nie, maar as een van die spesifieke gawes van die Gees, sal uitgedien wees deur die volmaakte kennis waarmee ons in die ewigheid bedeeld sal wees. PeP .0
As ons nou die standpunt aanneem dat die gawes saam met die apostoliese eeu opgehou het omdat dit nie meer nodig was nie, neem ons die standpunt in dat die apostoliese eeu ‘n swak en kinderagtige eeu van die kerk was toe alles soos deur ‘n spieël, dofweg gesien is, maar dat die eeu wat daarop gevolg het, toe wrede wolwe sou inkom en die kudde nie sou spaar nie en daar selfs in die kerk manne sou opstaan wat perverse dinge spreek om dissipels agter hulle aan trek, ‘n eeu van volmaakte lig en kennis was waarin die onvolmaakte, kinderagtige en verdofte kennis van die apostoliese tye verby was. Want daar moet onthou word dat die gawes eers ophou wanneer en omdat ‘n volmaakte toestand, wat hulle onnodig maak, bereik is. Maar niemand kan, na nugtere denke, vir een oomblik die posisie inneem dat die apostoliese eeu in geestelike verhewenheid minderwaardig was teenoor enige daaropvolgende eeu nie. En as die gawes tóé nodig was, is hulle gewis nou ook nodig. PeP .0
Onder die werktuie wat die apostel in sy briewe aan beide die Korinthiërs en die Efesiërs opsom as “gawes” wat God in die kerk gestel het, vind ons “herders,” “leraars,” “helpers” en “regerings” en word van elkeen erken dat dit steeds in die kerk voortgaan. Waarom dan nie ook die ander, wat geloof, genesing, profesie ensovoorts insluit nie? Wie is bevoeg om ‘n streep te trek en te sê watter gawes uit die kerk verwyder is, aangesien almal in die begin gelyk daarin “gestel” is? PeP .0
Daar is na Openbaring 12:17 verwys as ‘n profesie dat die gawes in die laaste dae herstel sal word. ‘n Ondersoek van hierdie getuienis bevestig hierdie sienswyse. Die teks spreek van die ander nakomelinge van die vrou, wat ‘n simbool van die kerk is en haar nakomelinge is dus die individuele lidmate waaruit die kerk op enige gegewe tydstip bestaan; en die “nakomelinge” sal die laaste generasie van Christene wees, of diegene wat tydens die wederkoms van Christus nog op die aarde lewe. PeP .0
Die teks verklaar verder dat hulle “...die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou;” en volgens hoofstuk 19:10 is “...die getuienis van Jesus...” “...die gees van die profesie...” wat verstaan moet word as die “...gawe van profesie...” wat onder andere in 1 Korinthiërs 12:8-10 genoem word. PeP .0
Die gawes in die kerk beteken nie noodwendig dat elke persoon dit sou beoefen nie. Hieroor sê die apostel in 1 Korinthiërs 12:29: “Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie,” ensovoorts. Maar die gawes word onder die lidmate uitgedeel soos God dit goed ag. (1 Korinthiërs 12:7,11). Nogtans word daar gesê dat hierdie gawes “in die gemeente ingestel” is indien ‘n gawe aan slegs een lidmaat van die gemeente gegee is, kan daar gesê word dat die gawe “in die gemeente” is of dat die gemeente dit “het.” Dus moet die laaste geslag die getuienis van Jesus, of die gawe van profesie hê en ons glo dat dit so is. PeP .0
“n Ander Skrifgedeelte wat klaarblyklik met verwysing tot die laaste dae geskryf is, stel hierdie feit baie duidelik. Die openingswoorde van 1 Tessalonisense 5 lui: “Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.” In vers 4 sê hy verder: “Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.” Daarna gee hy aan hulle verskeie vermanings met die oog op daardie gebeurtenis, waaronder die volgende (verse 19-21): “Blus die Gees nie uit nie. Verag die profesieë nie. Beproef alle dinge; behou die goeie.” En in vers 23 bid hy dat hierdie spesifieke persone wat by die profesieë betrokke sou wees onberispelik bewaar mag word tot “...by die wederkoms van onse Here Jesus Christus.” PeP .0
Is ons nie, na aanleiding van hierdie oorwegings, geregverdig in ons geloof dat die gawe van profesie in die laaste dae in die kerk sal manifesteer en dat baie lig en tydige onderrig daardeur gegee sal word nie? PeP .0
Alles moet volgens die apostel se reël hanteer word: “Beproef alle dinge; behou die goeie,” en dit moet aan die maatstaf van die Verlosser gemeet word: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” Ons beroep ons op hierdie maatstaf in verband met die aanspraak op ‘n openbaring van die gawe van profesie en beveel hierdie boek aan by diegene wat glo dat die Bybel die Woord van God is en dat die kerk die liggaam is, waarvan Christus die Hoof is. PeP .0
U Smith